WERKSERVARING
ONDERWYS (1981 – 1990)
Ek het aanvanklik as Duitsonderwyser begin werk (13- tot 18-jarige, sg. hoërskoolleerlinge). Ek het hierdie betrekking in 1981 beklee. Vanaf 1982 – 1990 het my hooffunksie as onderwyser Afrikaansonderrig vir huistaal- sowel as tweedetaalsprekers (weer eens vir 13- tot 18-jariges) behels. Binne vier jaar is ek bevorder tot Departementshoof en Vakhoof: Afrikaans (aan die Kaapstadse skool waar ek onderrig het).
In my vrye tyd het ek o.a. Afrikaans vir immigrante aangebied; sommige met geen, en ander met beperkte kennis van die taal. Dieselfde geld ook sommige studente wat met Engels gesukkel het.
Gedurende hierdie tydperk het ek ook vir vier jaar agtereenvolgens as nasiener opgetree vir die Kaaplandse Onderwysdepartement: Senior Sertifikaat-eksamen (skryfwerk, die sg. opstel en brief), skoliere se finale skooleksamen.
In dieselfde tydperk was ek ook baie nou betrokke by amateur-toneelwerk, by skool- sowel as volwasse teater. Ek was as akteur betrokke, én as regisseur. Ek het ook die eenakter Die kind en die ster geskryf vir deelname aan 'n landswye kompetisie vir hoërskole. Die 2de prys (C.R.Swart-prys) is aan my stuk toegeken. Hierdie kompetisie is deur die ATKV (Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging) geloods.
Ek het ook verskeie toneelstukke van die gevierde SA/Ierse dramaturg Geraldine Aron vertaal (uit Engels in Afrikaans).
POSTONDERWYS
Ek het die onderwys in 1990 verlaat en die sakewêreld aangedurf: die volgende 20 jaar as eiendomsagent. Alhoewel ek hoofsaaklik by bemarking betrokke was, is my hulp dikwels ingeroep vir take soos kantoorbestuur en nasien en redigering van kopié (spesifiek eiendoms-gerig). Ek het steeds tyd gevind om Afrikaans (en soms Engels) op 'n deeltydse basis vir sukkelende skoliere aan te bied.
Sedert 2011 het ek as verteenwoordiger vir 'n maatskappy wat suiwel- en roomysprodukte versprei, gewerk. Ek het uit hierdie beroep bedank aangesien ek voortaan as taalpraktisyn wil werk. Ek stel uiteraard daarin belang om betrokke te wees by vertaalwerk (Engels/Afrikaans en Afrikaans/Engels), redigering en proeflees.
Sedert September 2013 doen ek vryskutwerk vir Die Suidernuus, streekskoerant in die Overberg, Wes-Kaap.
TEN SLOTTE
Ek het van kindsbeen af skryfwerk geniet. Selfs nadat ek die onderwys verlaat het, het ek moeite gedoen om op hoogte van sake te bly sover dit literêre en taalkundige aangeleenthede betref.
Ek is gesteld op stiptheid en verstaan die belangrikheid van afsluittye. Ek is sterk gemotiveer en werk baie goed onder druk en op my eie .

- A Galway Girl – 'n Meisie uit Galway. Dit is 'n stuk vir twee akteurs en skets die verhaal van 'n man en sy vrou van hul jong dae tot en met sy dood. Ek het die manlike rol op die verhoog (in die ATKV-kompetisie) vertolk.
- Four Monologues – Vier Monoloë . Ek het twee van die vier vertaal en albei vir die ATKV-kompetisie vir skole geregisseer.
- Bar and Ger. Hierdie eenakter is steeds een van die mees gevierde toneelstukke in Aron se oevre. Ek het dit as Bar en Ger in Afrikaans vertaal. My vertaling is ook in Jan B. Vermaak se Skouspel ('n versameling kortdramas) opgeneem (in 1992 deur Tafelberg-Uitgewers Beperk uitgegee).