My dienste behels o.a. die redigering van 'n wye verskeidenheid tekste soos dokumente, werkstukke, opstelle, proefskrifte e.s.m. en die vertaling van bg. (Engels/Afrikaans en Afrikaans/Engels), proefleeswerk en verwante take.
Ek is ook beskikbaar vir die onderrig van Afrikaans en Engels aan skoliere, asook aan immigrante met beperkte of geen kennis van die tale (immigrante moet oor ten minste 'n basiese kennis van Engels beskik, aangesien onderrig deur middel van Engels as medium geskied). Hierdie onderrig is slegs via SKYPE beskikbaar.
Kontak my gerus vir meer inligting.